Jan en Alida Olivier is van die oudste lidmate in die Kruiskerk. Hulle woon ook die verste weg, naamlik in Worcester. Jan word in Julie 93 en Alida, ook in Julie, 90.

Jan is in 1996 deur Pastor Plüddemann aangestel as sekretaris in die kerkkantoor. Jan se vrou, Gusti, was in ‘n rolstoel en het gewoonlik in die klein saal gesit en borduur. Toendertyd was daar allerhande bedrywighede in die kerksale en daar was gedurig ‘n kom en gaan van mense. So was daar byvoorbeeld die groot versameling van boeke wat in ‘n vertrek langs die groot saal gehuisves was en ook die insamel van ou papier wat gereeld aan ‘n firma verkoop is. Daar was bedrywighede van dames wat handwerk kom doen het vir basare. Daar was gedurig ‘n kom en gaan van skoonmakers en Gusti het genoeg geselskap gehad.

Jan was baie aktief in die kerkkantoor en was verantwoordelik vir die uitgee van ‘n nuusbrief wat later in die Gemeentebrief ontwikkel het. Hy het ook gesorg dat advertensies in die nuusbrief geplaas word om kostes te dek.

Hy het ‘n aantal helpers gehad wat toe in ‘n redaksie ontwikkel het. Daar was dr Ruth Grassmann, Wolfgang Hammer en Martie Walzl wat bydraes gelewer

het. Onder Pastor Meylahn het dit ‘n volwaardige Gemeentebrief geword.

Jan het ‘n Seniorgroep begin wat saam eenkeer ‘n maand ‘n uitstappie onderneem het na een of ander interessante plek. Die Seniorgroep is vervoer deur ‘n kombi van die St Johannisheim en nog een van die Firma Andrag.

Toe Gusti in 1998 oorlede is, het hulle alreeds ‘n jaar in Huisie Nr. 1 in die St Johannisheim Aftree-Oord gewoon.

Jan was baie handig en het byvoorbeeld die tafels gemaak wat vandag nog gebruik word vir die gesange, wat in die diens gesing word. Hy het ook die staander gemaak van die Doopkers.

Kaartjies is verkoop en die opbrengs het vir die boufonds gegaan.

In Julie 2000 is Jan met Alida getroud en hulle het in die huis in St Johannisheim gewoon totdat hulle in 2002 na Kleinbaai by Gansbaai verhuis het. Daar het hulle vir hulle ‘n mooi klein huisie laat bou en hulle was gelukkig daar.

Hulle het daar begin om huiskonserte aan te bied en het met Alida se broer en twee vriende ‘n musiekgroepie gestig. Hulle was baie bedrywig op

musikale gebied en Alida het by verskillende funksies opgetree. Jan was ook koördineerder van die Buurtwag. Hulle het baie vriende gemaak en was gelukkig daar.

Ongelukkig word Jan egter baie siek en word na ‘n internis verwys, maar in Hermanus kon hulle niks vir hom doen nie en in 2018 was hulle genoodsaak om na Worcester te verhuis waar hulle eers in ‘n afree-oord gewoon het. Jan se dogter en skoonseun het egter hul huis so verander, dat Jan en Alida daar in ‘n klein woonstelletjie kon intrek, waar hulle vandag nog woon.

Jan en Alida mis die kerk en sy mense baie, maar ongelukkig het hulle geen manier om na ‘n Afrikaanse kerkdiens in die Kruiskerk te kom nie.

Hulle groet al hulle vriende en bekendes in die Kruiskerkgemeente en wens alles van die beste vir die toekoms.

Toe het hy begin met die opvoering van ‘n Kersspel “Bethlehem Ster wys ons die Weg” wat vir twee jaar in die Kerstyd aangebied is. Eenkeer in Afrikaans en eenkeer in Duits, Magdalene Schwär het die vertaling gedoen. ‘n Verhoog moes gebou word in die Groot Saal. Die Firma Andrag het die planke daarvoor geskenk en met behulp van helpers, waaronder Wolfgang Hammer en Kobus van Biljon, is ‘n verhoog gebou. Dit was ‘n konsert van formaat met ‘n vergrote kerkkoor en ‘n spreekkoor. Jan was verantwoordelik vir die décor en die musiek en klankopnames is deur Dieter Geiger gedoen.