After four full months of feeding the homeless people three times a week, the soup kitchen team has decided to conclude this outreach endeavour at the end of September. The spring weather also allowed for opportunities again for those people to look for small jobs, garden work etc. The number of people who came to get soup and bread has also been declining progressively, especially on sunny days. The team handed out all the clothing as well as the blankets to those people who had asked for it and were very grateful to receive them.

One of the soup kitchen team members has summarized her impressions during the soup kitchen period as follows (in Afrikaans):

Ek’t nie mooi geweet toe ek vir Yngvild Ja sê, om te help met die sopkombuis by die kerk, dat ek só geraak en beïnvloed gaan word nie. Wat ‘n nederige en wonderlike ervaring was dit nie! Om te kon warm sop uitdeel aan ander mense wat op die straat bly, koud en nat is, op wie neergesien word, en wie se toekoms om beter dinge te ervaar, maar redelik onmoontlik blyk te wees, dit was iets wat my altyd sal bybly. Daar is goeie mense onder hulle. Mense wat trots is en goeie maniere het al is hul omstandighede so sleg. Mense wat terugstaan en ander eerste laat kry. Mense wat geduldig hul beurt afwag. Mense met wie ons “bevriend” geraak het en beter leer ken het. Mense wat selfs nog tussenin tuinwerkies of verfwerkies gesoek en ook gekry het. Mense wat vir hul vriende, wat moeilik loop en nie beweeglik is nie, ook sop en brood geneem het. Daar is meelewing en belangstelling in mekaar. Daar was ook andere wat eenmalig gekom het. Wat my opgeval het, is dat alhoewel meeste maskers gedra het, ‘n mens tog hul oë kon lees. Daar was party wat elke keer uitgevra het oor eredienste en ook boekies kom haal het om te lees. Van hulle het ook na Bybels gevra. Wat my die meeste opgeval het en sal bybly, is hul dankbaarheid en heelwat van hulle het ons elke keer geseën. Daar is soveel wat minder het as ons. Ek is so dankbaar vir dit wat ek het en kon net ‘n klein kykie in ander se lewens kry. Ek hoop dat dit die begin is van nog vele sulke uitreikaksies! Dankie dat dit moontlik was om dit te kon doen. Dankie ook aan almal wat bygedra het. Seënwense vorentoe.”