Ek woon reeds baie jare in die Kaap. Enkele jare gelede was dit nodig om te verhuis na `n kleiner woning, geleë in Bellville. Aan die begin van die huidige jaar het ek vanaf my vorige gemeente St Martini na die Kruiskerk in Bellville verhuis. Praktiese oorwegings het tot hierdie besluit gelei: die verkeer op die snelweg na Kaapstad het toegeneem; die afstand na die Kruiskerk in Bellville daarteen is korter, dit verg minder krag en tyd.
Van die begin af was dit opvallend dat my nuwe gemeente anders is. Dit is `n uitdaging om nuwe lede by hulle name te leer ken, alhoewel `n paar reeds vantevore aan my bekend was. Ek vra: wat is my verwagtinge aan en van my nuwe gemeente? Moontlikhede bestaan om aan te sluit by gemeentegroepe, aktiwiteite. Elke Sondag kan ek die eredienste bywoon, daar is `n keuse tussen twee dienste in verskillen-de tale. Vir die Afrikaanssprekende diens skaf ek `n Afrikaanse Bybel aan. Dit verbaas my dat `n verskeidenheid van dienste en tale aange-bied word vir`n redelike klein getal deelnemers aan elke diens. Hoe groot is die gemeente eintlik dan, hoekom is daar nie meer gemeente-lede in elke diens nie? Dis tog sekerlik nie te wyte aan `n tekort van finansies of die salaris van die pastor nie. Sulke salarisse word volgens `n glyskaal deur die Kaapse Kerkbestuur vasgestel en vanuit sentrale fondse vereffen.
Die vraag na die verhouding van die gemeentelede tot hulle ledegeld is onduidelik. Ons is immers`n gemeente waarby gemeentelede vrywillig aansluit. Hulle verstaan dus ook dat hulle die bydraes sal betaal. Maar betaal alle gemeentelede hulle bydraes volgens hulle vermoëns? Wie volg dit op as bydrae agterweë bly?
Hoe sterk is die kontak en samehorigheid tussen gemeentelede? Is daar geleenthede waar ek met my bevoegdheid en besondere gawes kan bydra? Is daar ruimte vir gebed in gemeente-bedrywighede en huiskringe, by vergaderings?
Vir my persoonlik is daar nuwe paaie oop. Die verpligtinge van my vorige gemeente val nou weg. Dit gee my die kans om met nuwe oë na my nuwe omgewing te kyk. My vraag is dus: Waar wil Jesus hê dat ek inskakel? Jesus Christus is die Here van Sy kerk, in elke gemeente waar ek myself bevind. Ek, ons almal, staan in Sy diens daar waar Hy ons plaas. Jesus het ons almal lief. Ons lewe in samehorigheid voor en met Hom. Ek wil graag duidelikheid kry waarom my plek nou hier is, wat my opdrag nou kan wees. Besiel deur Hom en Sy liefde staan ek in diens van Sy gemeente. Ek behoort aan die Heer van die Kerk, omdat ek my lewe aan Hom toevertrou het en Hy my krag en insig gee om te kan dien, waar Hy dit wil hê.
Annegret Büttner