Die uitleg van die lied is uniek in ons gesangboek, geen ander lied het hierdie vorm nie.
Die lied het 8 reëls in elke vers. Die woorde aan die einde van elke reël eindig met ’n konsonant (d, t, k, g, f ). Feitlik elke reël het ’n werkwoord op sy eie, dis amper soos ‘n volledige sin met onderwerp en gesegde. Dit hou die sinne kort en “en in ’n neutedop” .
Rymskema | |
---|---|
Maak hoog die deur, die poort maak wyd! | a |
Die Koning kom in heerlikheid, | a |
Die Here van die Hemelryk | b |
En Wêreldheiland tegelyk, | b |
Hy wat ons heil en lewe bring. | c |
Kom, laat ons juig en vrolik sing: | c |
Lofsing Hom vroeg en laat, | d |
My Skepper ryk aan daad. | d |
Die eerste vers gaan oor die KONING (God)
Die tweede vers gaan oor die HEILAND (Jesus Christus)
Die derde vers gaan oor die TROOSTER (Die Heilige Gees)
De vierde vers is ’n OPSOMMING van die vorige drie
Die vyfde vers is ’n GEBED.
Die digter van die woorde was Pastor Georg Weissel van Königsberg. Hy het die lied 1623 geskryf vir die inwydingsfeestelikheid van ‘n nuwe kerkgebou. Oorspronklik het ’n vriend van hom, die orrelis Johann Eccard, ’n melodie vir die woorde geskryf, maar die het in onbruik ge-raak. Die komponis van die huidige melodie is onbekend. Dit is 1704 die eerste keer in Halle gebruik . Die ritme het ’n huppelende karakter, “kort-lank, kort-lank”, ons noem dit ’n pelgrims-pas (Pilgerschritt).