“Partnership for Missional Churches” (PMC) en “Listening Process”
“Ses Ontwrigtende Missionerende Praktyke” help ons om nuwe gewoontes in ons kerk-wees te ontwikkel. “Dwelling in the Word”, “Dwelling in the World”, „Spiritual Discernment“ en “Missional Action“. is deel van wat nodig is om ons toe te rus om dissipelmakers te wees; om die Koninkryk van God aan te kondig’, om te oefen hoe om God-aan-die-werk raak te sien en te benoem en gasvryheid. Die gawe van gas-vryheid se doel is in die eerste plek nie, dat ek ‘n tuise vind nie, maar veel meer dat die vreemdeling ‘n tuiste vind.
5 belangrike vrae wat ons moet aanhou vra:
Waar is ons?
Wees bewus van julle kontekste. Ons kan nie verwag dat almal rondom ons Christene is nie. Ons moet daarvan bewus wees dat ons in die midde van ‘n sendingveld woon.
Wie is ons?
Ons is mense van God. Ons is uitgenooi die gees van God toetelaat om deur ons te werk ter wille van die evangelie.
Wat doen God?
Om moet meedeel hoe God onder ons en in die wyer wêreld optree.
Hoe stuur God ons?
Ons weet hoe om te onderskei en te luister na God se spesifieke oproep en opdrag aan ons. Ons moet uitreik oor grense heen ter wille van die evangelie.
Hoe lewe ons as kerk volgens God se toekoms?
Ons moet ‘n teken wees van hoe God besig is om dinge te doen. Ons gee getuienis vir Jesus Christus, dus nooi ons ander uit om burgers van God se heerskappy te wees.
Sinode 2019
Ons sinode vind plaas vanaf 6 – 8 September 2019 by St Andrews Lutherse Kerk in Oos-Londen. Hierdie is ‘n nuwe sinodale periode en daarom sal afgevaardigdes deur die gemeentes verkies word tydens hul algemene jaarvergadering.
Vergaderings ter voorbereiding van die sinode word beplan vir 3 Augustus vir die CCW en op 24 Augustus vir die CCE.
Die pastore sal ter voorbereiding van die sinode op 4 – 5 September in Oos-Londen bymekaar kom.
Laat ons die beplanning vir die sinode en die sinode in ons gebede hou. Mag die byeenkoms ‘n seën vir die hele kerk wees!